LindenFees 2024 31 Aug
Date: Saturday, 31 August 2024 - Saturday, 31 August 2024
Price: R0,00 - R671,50
Venue: Hoërskool Linden View map
- Doors open: 14:00
- Show Starts: 14:00
- Show Ends: 21:00
About this event:
Ons is bevoorreg om hierdie jaar weer saam te trek vir die grootste Lindenkuier van die jaar. Justin Vega, Chris Steyn, Rooksein en Piesangskille tree as kunstenaars by 2024 se Lindenfees op en die kuier is dus groter as ooit vantevore!
Hoërskool Linden se Lindenfees vind plaas op Saterdag 31 Augustus 2024 vanaf 14:00 tot laat. Die Lindenfees is ‘n geleentheid om die ouers, personeel, leerders, oud-Lindeniete en die gemeenskap byeen te bring, die skool te bemark en fondse ten bate van die skool te genereer.
Feesgangers kan hulle weer regmaak vir kuiervure op die skool se rugbyveld wat tot laataand gaan brand, ‘n kosmark met ‘n verskeidenheid smaaklike etes, “craft”-versnaperinge, ‘n pretpark vir die jongspan en vermaak uit die boonste rakke vir die hele gesin.